VS-polisiebeamptes verskyn weens miljoene se bedrog

Loading player...
Ses verdagtes, insluitend vyf polisiebeamptes, verskyn na verwagting vandag in die hof nadat 'n nes van bedrog, wat meer as R5 miljoen kan beloop, in die Vrystaatse polisie oopgevlek is. Die polisiebeamptes, werksaam by verskeie eenhede, en ‘n amptenaar van die finansies afdeling, is gisteroggend deur die Valke in hegtenis geneem. Dit volg nadat ‘n voorlopige ondersoek na die finansies van verskeie eenhede wat verlede jaar gedoen is, aangedui het dat grootskaalse bedrog moontlik gepleeg is. Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê die moontlikheid dat nog polisiebeamptes in hegtenis geneem kan word is nie uitgesluit nie.
31 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min