Verskeie paaie in NW steeds gesluit weens oorstromings

Loading player...
Oorstromings weens swaar deurdringende reën in 'n groot deel van Noordwes het vandeesweek 'n kind en twee ander mense se lewens geëis, terwyl skade aan infrastruktuur veroorsaak is. In 'n verklaring sê Premier Supra Mahumapelo, regeringsamptenare regoor die provinsie is in die proses om die omvang van die skade te bepaal. Die woordvoerder van die Provinsiale Departement van Openbare Veiligheid en Vervoer, Rebaone Moeng, sê sommige van die paaie wat gesluit is vroeër weëns waterskade is weer oopgestel vir verkeer. Ander paaie wat ook beskadig is, is steeds onrybaar en word deur verkeersbeamptes gemonitor.

Die N12-brug by Wolmaransstad is weer oopgestel.
22 Feb 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min