Hofaansoek oor sluiting van Guptas se bankrekeninge vandag aangehoor

Loading player...
Die minister van Finansies, Pravin Gordhan se hofaansoek oor die sluiting van die Gupta-familie se bankrekeninge word vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. Gordhan wil hê die hof moet beveel dat hy nie kan inmeng in die verhouding tussen die banke en die Gupta-maatskappye oor die sluiting van hul rekeninge nie. Maryke Vermaak doen verslag.

Zuma het Gordhan gister van ’n buitelandse beleggingstoer teruggeroep, sonder om redes vir sy besluit te verskaf. Dié skokbesluit het tot bespiegeling gelei dat hy moontlik sy kabinet wil skommel om van Gordhan óf sy adjunk, Mcebisi Jonas ontslae te raak as deel van sy ANC-faksie se plan om totale beheer oor die staatskoffers te kry.
28 Mar 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min