Positiewe reaksie teenoor Solidariteit se selektiewe hantering van rassisme

Loading player...
Die vakbond Solidariteit sê hulle het tot dusver geweldige positiewe reaksie gekry van mense wat hulle veldtog teen die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika ondersteun. Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê hulle het tot dusver 200 000 stemme ontvang. Die vakbond wil in Mei vanjaar ‘n massaklag by die Verenigde Nasies indien teen dubbele standaarde met betrekking tot rassisme. Suid-Afrikaners kan onder meer hul stem by die VN, asook die Internasionale Arbeidsorganisasie, Internasionale Menseregtekommissie, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en Parlement dikmaak deur dit te voeg tot die massaklag. Hermann sê hulle mik nou vir ‘n kwart miljoen stemme.

Hermann sê Solidariteit het op 20 April ‘n konferensie teen die selektiewe hantering van rassisme gehou.
21 Apr 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min