Mangaung-metro staking word uitgebrei

Loading player...
Die staking deur werknemers van die Mangaung-metro munisipaliteit gaan uitgebrei word nadat 'n vergadering met die werkgewer gister 'n dooiepunt bereik het. Honderde werkers, wat met die SA Munisipale Werkersunie geaffilieer is, het Dinsdag begin staak oor ondere andere die betaling van salarisse. Die betogers het gister buitebande gebrand en rommel voor die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein gestrooi. 'n Memorandum met hul griewe is Dinsdag aan die bestuur van die munisipaliteit oorhandig. Volgens Samwu se provinsiale voorsitter, Congo Matshepe kon geen ooreenkoms gister tydens 'n vergadering met die plaaslike arbeidsforum bereik word nie. Hy sê die munisipaliteit het steeds nie op hul griewe gereageer nie.
19 May 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min