BFN-stadsaal-brand: Nasionale Dramabiblioteek dalk ook in puin

Loading player...
Terwyl talle mense die brandskade van die historiese Bloemfontein-stadsaal betreur, is daar groot bekommernis oor die Nasionale Dramabiblioteek se dokumente en mikroskywe wat dalk oor deur die brand gisteraand verwoes is. Mariaan Botes van die Nasionale Museum sê die stadsaal is deel van die sandsteengeboue in President Brandstraat wat as erfenis verklaar is. Sy sê die Dramabiblioteek se inhoud was in die stadsraad geberg, terwyl verbetering aan die stadsbiblioteek aangebring is.

Hannes Haasbroek van die Nasionale Museum het navorsing oor die Stadsaal se ontstaan in 1936 gedoen. Hy het vanoggend gaan kyk en sê alles binne die saal is in puin. Hy sê dit is nog onbekend wat alles van die dramabiblioteek vernietig is.

Volgens hulle sal dit miljoene rand kos om die gebou te herstel.
21 Jun 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Edward Janse van Vuuren

David Edward Janse van Vuuren, the DA Chairperson of Public Works and Infrastructure in the provincial legislature
22 Apr 9AM 1 min

Werner Pretorius

Werner Pretorius, a Democratic Alliance (DA) member and mayoral candidate for Mangaung
22 Apr 9AM 1 min