Polisie in Noord-Kaap slaan slag teen dwelms

Loading player...
Die polisie in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap het ‘n vyf dae lange operasie gehou om misdaad te bekamp wat dié drie provinsies teister – onder meer motordiefstal, dwelmhandel, en die onwettige handel in metale. Die grootste slag teen dwelms was die vonds van R44 000 se dagga, asook twee vroue wat weens die besit van bykans R2 miljoen se Mandrax-tablette in die Karoo in hegtenis geneem is. Talle mense en motors is deursoek, wat gelei het tot verskeie inhegtenisnames en boetes. ‘n Totaal van 134 mense is in hierdie weeklange operasie aangekeer en die klagte wissel van die oortreding van die immigrasiewet tot die onwettige besit van vuurwapens. Gesoekte misdadigers is ook by Springbok in die Noord-Kaap aangekeer.
OFM-nuus
1 Jul 2017 7AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Edward Janse van Vuuren

David Edward Janse van Vuuren, the DA Chairperson of Public Works and Infrastructure in the provincial legislature
22 Apr 9AM 1 min

Werner Pretorius

Werner Pretorius, a Democratic Alliance (DA) member and mayoral candidate for Mangaung
22 Apr 9AM 1 min