Polisereservis 25 jaar tronk toe

Loading player...
‘n Voormalige polisiereservis is vandeesweek in die Bloemfonteinse streekhof 25 jaar tronkstraf opgelê vir verkragting en aanranding. Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane sê die verdagte, wat by die Bayswater en Navalsig polisiekantoor werksaam was, het tussen 2008 en 2015 sy stiefdogter - wat toe 12-jaar oud was, verkrag. Sy sê hy het ook sy vrou en stiefseun aangerand. Mpakane noem nadat sy vrou vir die eerste keer ‘n saak teen hom oopgemaak het, het die man sy selfoonnommer herhaaldelik verander om die gereg te ontduik. Hy is uiteindelik op 8 Desember verlede jaar in Roodepoort opgespoor en inhegtenis geneem. Mpakane sê die man het vroeër sy borgtog laat vaar en het skuldig op die aanklagtes teen hom gepleit.
12 Aug 2017 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min