Sewe vas ná aantal sakerowe in NW

Loading player...
Die polisie in Noordwes sê die aantal voorvalle van sakeroof in sekere gebiede in die provinsie het oor die afgelope ruk toegeneem. Volgens woordvoerder Adele Myburgh, is vier mans, wat glo met verskeie van hierdie rooftogte verbind word, gisteraand by Schweizer-Reneke inhegtenis geneem. Sy sê die mans het gisteraand omstreeks 18:30 in ‘n plaaslike supermark ingestorm en ‘n vuurwapen op die eienaar gerig. Hulle het met ‘n onbekende bedrag geld en ‘n selfoon gevlug. Myburgh sê die eienaar van die winkel het later die polisie in kennisgestel en ‘n 41-jarige verdagte is vasgetrek.
23 Sep 2017 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min