Twee dood ná motor teen boom bots

Loading player...
Twee mans is dood, en vier ander mense is beseer nadat ‘n motor gister op die N4 naby Rustenburg teen ‘n boom gebots het. ER24 woordvoerder, Russel Meiring sê die ongeluk het gistermiddag tussen Moedville en Swartruggens plaasgevind. Hy sê toe paramedici by die toneel aankom was ‘n driejarige kind, en vrou buite die motor gevind. Hy sê nog drie mans en ‘n vrou het binne die voertuig gelê. Meiring sê die twee mans wat voor gesit het, is op die toneel as dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. - Mark Steenbok
25 Sep 2017 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min