Verdagtes nog soek ná Potchefstroom aanval

Loading player...
Die polisie in Noordwes soek steeds na twee mans in verband met die aanval op 'n bejaarde egpaar van Potchefstroom gister. Woordvoerder Kelebogile Moleko sê drie mans het die paar se huis binnegedring, hulle beroof en wreed aangerand. Die 69-jarige man is op die toneel dood terwyl sy vrou tans in 'n kritiek maar stabiele toestand in die hospitaal is. 'n 28-jarige is kort na die voorval deur die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig. Moleko verduidelik die verdagtes het in die egpaar se bakkie gevlug en teen 'n vragmotor gebots. Twee het weggehardloop en die een wat later aangekeer is, agtergelaat. - Olebogeng Motse/OFM-Nuus
2 Dec 2017 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min