Ses vas vir ontwettige besit van vuurwapens

Loading player...
Die polisie in Noordwes het ‘n streng waarskuwing gerig aan diegene wat onwettig in besit van vuurwapens gevind word. Polisiewoordvoerder Amanda Funani sê ses mans, tussen die ouderdomme van 27 en 40, is vandeesweek aangekeer vir die onwettige besit van vuurwapens. Sy sê lede van die polisie het Vrydagmiddag inligting oor ‘n verdagte voertuig ontvang. Volgens Funani is die motor later by Ellaton afgetrek en deursoek, waarna daar op die vuurwapens en ammunisie afgekom is. Die verdagtes sal na vewagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn. Funani sê dit is nog onbekend waarvoor die vuurwapens gebruik sou word, en of dit met enige misdade gekoppel kan word. - Mark Steenbok/OFM-nuus
28 Jan 2018 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min