Reën word verwelkom, maar kan nou 'n impak op graanoeste hê

Loading player...
Goeie reën die afgelope paar weke word wyd met ope arms deur produsente verwelkom, maar dit kan veral dié tyd van die seisoen, 'n negatiewe uitwerking op somergraangewasse hê. ​Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbou-weerkunndige, sê veral boongewasse, wat droë- en sojabone insluit, is meer kritiese gewasse, wat deur dié nat toestande geraak word. Indien dié bone té lank op landerye staan, en nie gestroop word nie, kan probleme ontwikkeling. Hy sê sonneblom word egter nie té veel deur bewolkte en nat toestande geraak nie, en mielies is ook meer teen dié toestande bestand, maar die stroopproses word egter daardeur vertraag. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Berg gepraat...
19 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min