Suid-Afrikaanse varsproduktemarkte pas dieselfde Covid-19-protokol steng toe

Loading player...
Die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer, het 'n waardevolle rol gespeel in die ontwikkeling van Covid-19-protokol by vars produktemarkte oor die land heen. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié markte hou 'n hoë risiko in ten opsigte van die verspreiding van dié pandemie en daarom moet ware innovasie toegepas word. Die Johannesburgse varsproduktemark het met die aanvang van die nasionale staat van inperking begin met die ontwikkeling en toepassing van sekere protokolle, wat nou na al die markte in Suid-Afrika versprei is deur die liggaam Imasa, wat markagente verteenwoordig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...
7 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min