SAVPO: Die varkbedryf verstaan die impak van Afrika-varkpes en kan daarop reageer

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse varkprodusente-organisasie, SAVPO, is in noue kontak met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling rakende die uitbreking van Afrika-varkpes in landelike dorpies in die Oos-Kaap. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van SAVPO, sê Suid-Afrika is egter in 'n gunstige posisie om onmiddelik op 'n gereedheidsgrondslag te wees wanneer dié siekte, wat geensins 'n gevaar vir mense inhou nie, uitbreek, omdat Afrika-varkpes endemies in die land is. Hy sê die bedryf verstaan die impak van dié siekte en is gewoond daaraan, anders as wat die reaksie in onder meer Eurpoese lande is, wanneer 'n uitbreking voorkom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
11 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min