'n Leierboer van Noordwes, positief oor die styging van die vleisprys

Loading player...
Die tyd sal weer aanbreek dat die vleisprys vir produsente gaan herstel en styg. Dít is volgens Joseph du Plessis, 'n leierboer van die Locklore-gemengde familieboerdery in die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes. Hy meen die vraag na rooivleis sal herstel soos verbruikers stelselmatig terugkeer werk toe soos vlakke van die nasionale inperking weens die Covid-19 pandemie verander. Du Plessis, wat ook 'n hoofbestuurslid vir Graan SA (GSA) in dié distriksgebied is, sê benewens die Locklore-boerdery se graanvertakking het het hulle ook 'n Santa Gertrudis-stoet. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
31 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min