Wesselsbron-graanboer plant koring aan vanuit vliegtuig weens nat toestande

Loading player...
Die stroopproses van hoofsaaklik mielies in die Wesselsbron-gebied, wat een van die sentrale binneland se grootste mielieproduserende distrikte is, is nog nie volstoom aan die gang nie. Dit is weens nat toestande. Aser Nel, 'n boer van dié distrik, sê dit was 'n goeie seisoen ten opsigte van sy mielie-aanplantings. Hy kon binne die optimum-plantventer aanplantings doen weens goeie reën na droogtetoestande die vorige seisoen. Daar is groot dankbaarheid vir dié bogemiddelde reën al het dit by tye té veel gereën.
Oordragvog het toe veroorsaak dat enkele gedeeltes van sy landerye versuip het. Nel sê hy stroop al plek-plek die afgelope twee weke, maar hoop dat dit nou ten volle op dreef gaan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
2 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min