Die regering weet nie waaroor dit gaan as dit by Covid-19-regulasies kom nie

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, blameer die regering vir sy swak optrede ten opsigte van die hantering van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Volgens hom staar die regering nie die werklikheid op grondvlak ten opsigte van die waardeketting in landbou, maar ook die gewone gang van sake, in die gesig nie. Hy sê dit gaan nog steeds sy verstand te bowe dat plaas- en buurtwagte nie patrollering in gebiede tydens vlak 5 en vlak 4 van die nasionale staat van inperking, kon uitvoer nie. Groenewald meen hulle kon 'n geweldige groot ondersteunende rol gespeel het. Daarmee saam het aanvalle op plase en kleinhoewes tydens vlak drie van die inperking toegeneem. Groenewald se reaksie kom nadat die polisie die verbod op buurt- en plaaswagte tydens vlak-3 van die inperking opgehef het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
8 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min