Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop

Loading player...
Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land. Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn van Durban na Johannesburg, terwyl raffinaderye aanvoer dat hulle sukkel om ru-olie in die hande te kry. Hy sê vir produsente is die situasie van so 'n aard dat hoe langer hulle wag om te stroop, hoe meer dok hulle op in rente. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
17 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min