Agri Uur 13 Julie Renette Liebenberg DA

Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap plaas nou druk op die regering om aan boere 'n tweede kans te gee om aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se nasionale Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard. Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, sê dit kom nadat kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié droogtegeteisterde provinsie ontevrede is oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié befondinsing. Sy sê bykans 80% van boere se aansoeke uit die Noord-Kaap is nie deur die regering goedgekeur nie. Dit nadat hulle aan die nodige vereistes vir dié hulp voldoen het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Liebenberg gepraat...
12 Jul 2020 5PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min