Agri-Uur 21 Julie Koos Janse van Rensburg

Loading player...
VKB en GWK ondersoek moontlike vorming van 'n vennootskap

Konsolidasie vind plaas in die landboubedryf en in die stadium is primêre sowel as sekondêre landbou se marges onder druk. Oorhoofse kostestrukture moet verklein word, sodat produsente op plase kan voorgaan. Landboubesighede moet ook hul kant bring om hul oorhoofse kostes so laag as moontlik te hou. So sê die VKB-groep se besturende direkteur, Koos Janse van Rensburg, wat meen dít is van die redes wat daartoe bygedra het dat die bal nou aan die rol is ten opsigte van die moontlike vorming van 'n vennootskap tussen VKB met sy hoofkantoor in Reitz in die Vrystaat en GWK, wat se hoofkantoor in Douglas in die Noord-Kaap is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
21 Jul 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min