Hartswater-moord stuur skokgolwe deur gemeenskap

Loading player...
Die wrede aanval, roof, ontvoering en moord op Danie Brand, sy vrou, Breggie en hul dogter, Elzabie, op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied by Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema in die Noord-Kaap, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Johan Stoltz, bevelvoerder van die Vaalharts-gemeenskapsveiligsheidseenheid, het gisteraand aan OFM-nuus gesê, dit is traumaties vir die gemeenskap en dit is nie 'n maklike situasie nie. Stoltz het ook gisteraand bevestig al drie dié gesinslede se lyke is gekry en vyf verdagtes is aangekeer.Dié eenheid was nou betrokke by die soektog en die polisie se ondersoek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gisteroggend met Stoltz gepraat...
28 Jul 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Myan Subrayan as gasspreker opgetree

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad…
7 Oct 11PM 5 min

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min