Plaaslike sakekamer voorspel ekonomie sal herstel – op die langtermyn

Loading player...
Plaaslike toeriste-operateurs is van die veerkragtigste wat sy ken.
Daarom voorspel Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer dat die plaaslike ekonomie weer sal herstel.
Dit is egter op die lange duur, en sal nie binne enkele maande gebeur nie.
Amper alle sektore mag vanaf middernag heropen, ingevolge vlak twee regulasies.
Daar is egter kommer dat die inperking reeds te veel ondernemings se doppies geklink het.
Grimbeek dink egter almal sal mettertyd weer op dreef kom, tensy hulle al voor inperking probleme gehad het.
17 Aug 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min