Alkoholverbod maak toe nie groot impak op paaie nie

Loading player...
Daar was aansienlik minder ongelukke op die N4-tolpad tydens inperking.
Volgens kommunikasiebestuurder van Trac N4, Solange Soares, toon hul syfers dat die afname ooreenstem met die minder verkeer op die pad.
Die regering se tydelike verbod op die verkoop van alkohol wat verlede week weer opgehef is, het wyd kritiek ontlok vir die negatiewe ekonomiese impak wat dit gehad het.
Soares sê dit het egter nie ‘n noemenswaardige impak op die ongelukke op hul roete gehad nie.
24 Aug 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min