Phakisa Pumas hervat kontakoefeninge

Loading player...
Die spanne wat aan vanjaar se Curriebeker deelneem, mag van hierdie week af met kontakoefeninge begin.
Tot op hede is spelers slegs toegelaat om in groepe te oefen.
Die plaaslike Phakisa Pumas is opgewonde oor die vooruitsig.
Afrigter Jimmy Stonehouse sê hulle sal Donderdag met kontakoefening begin, nadat al die spelers se toetsuitslae ontvang is.
Hulle moet elke sewe dae vir die nuwe koronavirus getoets word.
Volgens Stonehouse is die Pumas slaggereed vir die verkorte Curriebeker-reeks wat in Oktober afskop.
1 Sep 2020 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min