Vermeende bedrieërs uit op borgtog in Komatipoort

Loading player...
Twee mense wat elk meer as 500 klagte verwant aan bedrog in die gesig staar, is Woensdag borgtog van R10 000 in die Komatipoort-landdroshof toegestaan.
Hugo Christiaan le Roux (41) en Rochelle Edith du Plessis Bekker (35) word hulle van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het hulle glo ongeveer R1,9 miljoen gesteel.
Daar word beweer dat Le Roux, ‘n bestuurder by Izusa Carriers, en Du Plessis Bekker, eienaar van HLR Contracting, tussen 2015 en 2018 saamgesweer het om vervoerdienste aan kliënte van Izusa te verskaf.
Hulle het na bewering belastingfakture aan die kliënte uitgereik met 'n hoër tarief as wat werklik verskuldig was en die verskil in hul persoonlike bankrekeninge inbetaal.
Die saak is tot 20 November uitgestel.
3 Sep 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min