#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn

Loading player...
Sluit vanaf 1 Oktober by ons aan vir die eerste Vrystaat Klank en Klassik – ‘n nuwe aanlyn inisiatief van die Vrystaat Kunstefees.

Word weggevoer deur van Suid Afrika se beste klassieke musici, in 5 opwindende konserte, elk ingelei deur nuutgeskrewe verbeeldingstories, en dit alles in die gerief van jou eie sitkamer.

Met uitvoerings deur Anneke Lamont, Magdalene Minnaar, die bekroonde Odeion-strykkwartet, die FFSO, die OSM Camerata, en nog vele meer, begelei met voorlesings uit die pen van skrywers soos Jaco Jacobs, Nàomi Morgan, en Ilne Fourie – voorgedra deur Gerben Kamper, Nosana Sondiyazi, Jefferson J Dirks-Korkee, en Hillétje Möller Bashew.

Konserte is aanlyn beskikbaar, elke dag van 1 tot 5 Oktober. Daar is ook daagliks ‘n interaktiewe Facebook Live gesprek waar jy direk met die kunstenaars in verbinding kan tree. Kaartjies is vooraf beskikbaar aanlyn by vrystaatkunstefees.com
1 Oct 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

A celebration of clay for Mpho Gorewang at the NWU Gallery

A Re Bopeng translates to Let Us Create in Tswana and that is what artist Mpho Gorewang has been doing for almost two decades. His works of clay are a celebration of the medium and also returns us to our roots through his works. He joins Yolanda Maartens in the…
4 Feb 5 min

Die dieper boodskap agter Die Voetsoldaat in Bloemfontein se kunswerke

Daar is ‘n kunswerk in Louw Wepener straat, Bloemfontein wat Yolanda Maartens se oog gevang het. Die OFM Kunsteklop moes uitvind wie agter die kunswerk skuil en wat die betekenis daarvan is. Daniël Slabbert Botha sluit by haar aan om te vertel waar sy liefde vir kuns ontstaan het en…
2 Feb 5 min