Mnr. en Mej. NHS aangewys

Loading player...
JG Pansegrouw en Lourese Kempen is Donderdag as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys.
Meer as ‘n duisend toeskouers het die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon.
Twintig Nellies het deelgeneem en geskitter in hul formele drag.
Virtuele uitsendings van die sangers Appel, opkomende ster Bernice West en Jo Black het ekstra glans aan die geleentheid verleen en die standaarde hoog gehou.
Adrienne Combrink en Zané Potgieter is as eerste prins en prinses aangewys.
Wynand Loubser en Amoné de Beer was tweede prins en prinses.
George Venter en Karien Goosen het in die fotogeniese kategorie gewen en Luca Fourie en Yannike Malan in die Persoonlikheid-kategorie
Organiseerder Kriekie Bekker vertel meer.
5 Oct 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min