Ekonomiese herstelplan verwelkom

Loading player...
President Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan fokus veral op die skep van werk, infrastruktuur en alternatiewe energie.
Volgens Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, is dit goeie nuus, ook vir die Laeveld.
Sy voeg by dat die plan hopelik sinvol geïmplementeer sal word.
“Dit is sinvol om te kyk na werkverskaffing en te kyk na alternatiewe energie. Dit is die grootste probleem tans. As dit uitgerol kan word, kan ons baie drome verwesenlik.
“Vervaardiging moet groei. Dit is ‘n goeie beleid, maar dan het jy sekerheid van energie nodig.
“Dit kan gedoen word,” voeg sy by. “Dit móét gedoen word.”
Van die infrastruktuurprojekte sal die Laeveld baat.
“Enige sulke projekte stimuleer die ekonomie. En as die elektrisiteitskwessie aangespreek word, is dit baie goed vir ons.”
16 Oct 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min