Rudy Oosthuyse wen 10de Cleaver-toekenning

Loading player...
Rudy Oosthuyse van Grove Superspar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen.
Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise.
Grove Superspar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika.
Die slaghuis se 20 spanlede het vanoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld ontvang.
Oosthuyse sê die toekenning is te danke aan hul harde werk.
Hy voeg by dat klante daarom weet dat hulle met gemoedsrus daar kan kom koop.
24 Oct 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min