Bergvlam-matrikulant Dinsdag ter ruste gelê

Loading player...
Die roudiens vir Carel Robberts, ‘n graad 12-leerling aan Hoërskool Bergvlam, sal Dinsdag gehou word.
Dié matriuklant is die afgelope Dinsdagaand in ‘n motorongeluk oorlede.
Hy het op 5 September 18 jaar oud geword en was besig met die eindeksamen.
Die diens Dinsdag is om 11-uur by die NG Kerk Westergloed in Mbombela.
Die skool sê in ‘n huldeblyk dat baie lewens deur Carel aangeraak is en dat hulle sy nagedagtenis in hul harte en gedagtes sal koester.
5 Dec 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min