Soektog duur voort na vermiste veldwagter

Loading player...
Dit is vandag drie weke sedert Checkers Mashego, ‘n veldwagter in die Krugerwildtuin, vermis geraak het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê hulle volg elke leidraad en elke stuk inligting wat hulle van die publiek ontvang, op.
Hulle soek ook buite die wildtuin. Dit het egter nog niks opgelewer nie.
Mashego is laas op 17 November in die Stolsnek-area van die park gewaar. Hy was saam met ‘n ander veldwagter op patrollie toe hulle uiteen gegaan het om iets verdags te ondersoek.
8 Dec 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min