Bloedbank skuif Grove toe

Loading player...
Die bloedbank skuif Maandag van Riverside Mall Grove-sentrum toe.
Die ander skenkersentrum bly by i'langa Mall.
By Grove sal hulle in winkel 5, tussen Postnet en die Crazy Store, wees.
Lebo Matsimbi sê hulle het meer spasie benodig, veral nou dat mense plasma kan skenk.
Dié proses neem ‘n klein bietjie langer as gewone skenkings.
Die bloedbank se voorraad is tans ook kritiek laag, wat duisende lewens in gevaar stel.
Matsimbi het mense wat nog nooit of lank laas geskenk het, aangemoedig om dit te doen.
11 Dec 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min