AfriForum lê klagte oor Barberton-grondtransaksie

Loading player...
AfriForum het vandag klagtes van bedrog en korrupsie gelê teen twee maatskappye en hul direkteur oor ‘n stuk grond wat glo vroeër vanjaar vir R34 miljoen aan die regering verkoop is.
Die deel van die plaas Biggar in Barberton het sedert 2011 drie keer van eienaar verwissel, elke keer vir ‘n groter bedrag.
Volgens Chris Gouws, ondersoeker by AfriForum, lyk dit asof die grond eers aan die tweede koper oorgedra is, nadat dit herverkoop is.
Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê hul privaatvervolgingseenheid sal aansoek doen om die betrokke persone privaat te vervolg, indien die staat die saak nie verder voer nie.
11 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min