Plaaslike toerisme vra dat mense by Covid-19-reëls hou

Loading player...
‘n Ongewone feestyd skop vandag af, maar vir Mpumalanga-toerisme is die jongste verskerping van Covid-19-regulasies nie die slegste nuus nie.
Oupa Pilane van die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa, sê die private sektor is dankbaar die provinsie is nie ‘n brandpunt nie.
Mpumalanga het teen Maandag 648 aktiewe gevalle gehad, teenoor 399 ‘n week tevore.
Tog is hulle bekommerd oor mense se veiligheid.
Hy het ‘n beroep gedoen op die eienaars van alle ondernemings om seker te maak dat mense by die reëls hou en op wetstoepassers om dit af te dwing.
16 Dec 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min