Mpumalanga-motoriste gewaarsku teen aandklokreël

Loading player...
Die feesseisoen is nie vir almal verby nie, en die provinsie se paaie bly baie besig.
Die departement van gemeenskapsveiligheid sê hoewel verkeersvolumes Sondag hul piek bereik het, is amper duisend voertuie per uur gister nog op die R40 aangeteken.
Mense jaag ook om voor 9-uur hul bestemmings te bereik, aldus Moeti Mmusi.
Hy sê motoriste moet hul reise volgens die aandklokreël beplan.
Meer as 140 000 voertuie is in Desember in Mpumalanga deur wetstoepassers afgetrek.
5 Jan 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min