Lebombo-nagmerrie duur voort

Loading player...
Chaotiese toestande duur voort by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte.
Christel Botha Jardim en haar gesin slaap al sedert Woensdag in hul kar.
Sy beskryf dit as ‘n sirkus, veral aan die Suid-Afrikaanse kant.
Die bestuurder van die Lebombo-grenspos, Obed Maditsi, voer aan daar is bloot te veel mense en te min parkering.
Die grens maak ook snags toe weens die aandklokreël, en mense moet vir Covid getoets word.
Hy voeg by dat hulle toetse wat verval het terwyl mense in die ry gewag het, aanvaar.
Hy besef dat mense vir dae in hul karre moet slaap.
9 Jan 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min