Mbombela-gesin gelukkig om te leef na byaanval

Loading player...
'n Gesin van vyf het Sondagmiddag ernstig seergekry toe 'n groot swerm bye hulle aangeval het.
Volgens Cobus Els van ER24 was hulle op 'n rit op 'n naburige plot van hul eie by The Rest, toe hulle oor 'n byekorf ry.
Dit was in 'n buiteband gemaak. Die bye is by hul voertuig in deur die oop vensters en die gesin het gevlug.
Die ouer dogtertjie kon alarm maak om die paramedici te ontbied. Die pa het met die kleuter en baba in 'n vleiland geskuil.
11 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min