Poskantoor maak plan met lang rye

Loading player...
Die R350-toelaag wat mense weens inperking ontvang, veroorsaak steeds baie lang rye by poskantore.
'n Dubbel-ry-stelsel word nou geïmplementeer, waarvolgens hierdie mense ‘n aparte ry het.
Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, sê die hernuwing van voertuiglisensies is die tweede gewildste transaksie.
Die diens is nou al 'n maand by sekere kantore in Mpumalanga beskikbaar.
In die Laeveld is dit by Nelspruit, Sonpark, Witrivier, Malalane, Tonga, Mashishing (Lydenburg), Elukwatini en Bosbokrand.
Vlooteienaars ook boonop hul lisensies in grootmaat hernu deur dit af te laai om geprosesseer te word en later weer af te haal.
In Mpumalanga moet mense egter bewys van adres lewer wanneer hulle lisensies hernu.
11 Jan 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min