Poskantoor maak plan met lang rye

Loading player...
Die R350-toelaag wat mense weens inperking ontvang, veroorsaak steeds baie lang rye by poskantore.
'n Dubbel-ry-stelsel word nou geïmplementeer, waarvolgens hierdie mense ‘n aparte ry het.
Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, sê die hernuwing van voertuiglisensies is die tweede gewildste transaksie.
Die diens is nou al 'n maand by sekere kantore in Mpumalanga beskikbaar.
In die Laeveld is dit by Nelspruit, Sonpark, Witrivier, Malalane, Tonga, Mashishing (Lydenburg), Elukwatini en Bosbokrand.
Vlooteienaars ook boonop hul lisensies in grootmaat hernu deur dit af te laai om geprosesseer te word en later weer af te haal.
In Mpumalanga moet mense egter bewys van adres lewer wanneer hulle lisensies hernu.
11 Jan 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min