Curro en Kings van more af ook gesluit

Loading player...
Die plaaslike Curro sowel as die Gekombineerde Skool Kings in Witrivier het ingestem om van more af ook gesluit te wees.
Volgens die Mpumalanga departement van onderwys het hulle heropen voor die departement van basiese onderwys Vrydag aangekondig het dat alle skole eers op 15 Februarie mag heropen.
Woordvoerder, Jasper Zwane, sê die twee skole het na gesprek met die departement ingestem om tot dan te sluit.
Dit is volgens hom die enigste gevalle waarvan die departement weet.
19 Jan 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min