Mpumalanga gereed vir Eloise

Loading player...
Tropiese storms is onvoorspelbaar, maar Mpumalanga se departement van samewerkende regering sê hulle hou Eloise se ontwikkeling fyn dop.
Die storm sal na verwagting vanaf Sondagoggend baie swaar reën in die Laeveld veroorsaak.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat vloede ‘n moontlikheid is.
Volgens die woordvoerder vir die departement, George Mthethwa, is hulle gereed om die betrokke munisipaliteite se rampbestuur op hoë gereedheidsvlak te plaas sodra verwikkelinge dit noop.
21 Jan 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min