Sluit by Mediclinic aan as vrywilliger

Loading player...
Mediclinic het mense genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan.
Dokter Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, sê hul personeel het ondersteuning nodig met die dat hospitale so besig is.
Mense met en sonder ‘n mediese agtergrond kan op hul webtuiste aansoek doen om deel te word van die groep se formele program.
Almal sal die nodige opleiding ontvang.
Volgens Coustas waardeer hulle ook hoe gemeenskappe uit hul eie die personeel ondersteun.
By Nelspruit Mediclinic help Lifeline onder meer om vir personeel berading te gee.
22 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min