Tropiese storm Eloise binnekort 'n sikloon

Loading player...
Dit is nog wag en sien vir tropiese storm Eloise, maar swaar reën is 'n gegewe in Mpumalanga se Laeveld Sondag en Maandag.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat sy oor die volgende 24 uur verder sal versterk tot ‘n tropiese sikloon.
Dit het die afgelope 24 reeds aansienlik versterk weens die warm water in die Mosambiekse kanaal.
Wanneer dit deur die loop van Sondag Suid-Afrika binnekom, is daar ‘n ernstige risiko van ontwrigtende reën.
Die noorde van Limpopo sal waarskynlik Sondag skadelike wind ook ervaar.
Die Nasionale Krugerwildtuin is op ‘n hoë gereedheidsvlak.
22 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min