Mopani bergfietsuitdaging in Barberton vanjaar weers in Mei

Loading player...
Vanjaar se Mopani XCM-bergfietsuitdaging in Barberton se datum is bevestig as 8 Mei.
Dit sal die 25ste aflewering wees van die resies, wat gewoonlik in Januarie aangebied word.
Weens inperking moes dit egter uitgestel word.
Die Rotariërklub van Barberton se Chris Rippon sê hulle hoop vir so duisend inskrywings.
Alle wins word aan welsynsprojekte spandeer.
Hy sê hul fondse vir die jaar raak egter nou op, en sal eers met die wedren aangevul kan word.
Besoek hul Facebook-blad vir meer inligting oor hoe om in te skryf.
28 Jan 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min