Twee vroue se drome bewaarheid met inperking-kinderboek

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se Afrikaansonderwyser, Martie Naudé, het die vlak vyf grendeltydperk in Maart gebruik om uiteindelik haar kreatiwiteit vry teuels te gee – en haar eerste kinderboek te skryf.
Sy gee “Die Padonkels van Hoekomsberg” uit onder die skrywersnaam Karools Vorster.
Een van haar leerlinge se ma’s, Karen Breytenbach, het die boek geïllustreer. Vir Breytenbach is dit ‘n droom wat bewaarheid is.
Naudé sê sy het nooit gedink sy kán skryf nie. Tog is sy reeds klaar met die tweede aflewering in die Padonkels se avontuur en beplan sy vele meer.
18 Feb 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min