Maroela Media Vuurvreters

Vuurvreters

Vuurvreters is Maroela Media se aksiebelaaide radiospanningsverhaal wat jou hoendervleis gaan gee.
Rolverdeling:
Agent Henry Vogel – Antowan Nöthling;
Agent Sally Bloemhof – Su-an Müller-Marais;
Direkteur Victor Fransman – Anton Dekker;
Septimus Steyn – Lochner de Kock;
Leonie Verster – Bettie Kemp;
Tina Truter – Ria Smit;
Rhoda van der Ross – Heidi Mollentze;
Adjunkminister Titus Bantjies – Duncan Johnson;

Vervaardiger: Bettie Kemp;
Klanktegnici: Schalk Vorster en Marius Vermaak;
Skrywer: Joe Kleinhans.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts · Arts Narrated by Bettie Kemp
30 Episodes
1 – 20

Vuurvreters: Episode 1

Agent Henry Vogel kry die skok van sy lewe. Elders in Pretoria is ouma Leonie Verster bitter ongelukkig oor die doen en late van haar kleindogter Sally Bloemhof. Luister gerus Vuurvreters op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk ook na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye…
Season 1 / Episode 1 5 min

Vuurvreters: Episode 2

Agent Sally Bloemhof word ingelig oor ʼn belangrike aanpassing in haar taakopdrag.
Season 1 / Episode 2 5 min

Vuurvreters: Episode 4

Wie het ʼn noue ontkoming? Henry hoor uiteindelik waaroor die nuwe taakopdrag gaan. Hoe gelukkig stem dit hom?
Season 1 / Episode 4 5 min

Vuurvreters: Episode 5

Die hare waai wanneer ouma Leonie Verster en voorsitter Septimus Steyn aanmekaarspring. Wie maak ʼn skokkende ontdekking?
Season 1 / Episode 5 4 min

Vuurvreters: Episode 6

Voorsitter Septimus Steyn wil keer dat Eenheid 13 nie in die verkeerde hande beland nie.
Season 1 / Episode 6 5 min

Vuurvreters: Episode 7

Op watter interessante lêer kom direkteur Victor Fransman af? Die onmin tussen ouma Leonie Verster en voorsitter Septimus Steyn bereik ʼn nuwe laagtepunt.
Season 1 / Episode 7 5 min

Vuurvreters: Episode 8

Agent Sally Bloemhof het haar hande vol om haar ouma Leonie Verster uit die tronk te hou.
Season 1 / Episode 8 5 min

Vuurvreters: Episode 9

Voorsitter Septimus Steyn vat agent Sally Bloemhof stap vir stap deur die tragedie wat hom by Mooigesig afgespeel het. Wie skok Sally?
Season 1 / Episode 9 4 min

Vuurvreters: Episode 10

Voorsitter Septimus Steyn se verhaal oor sy dierbare suster is vol kinkels en kabels met stampe en stote … en skokke.
Season 1 / Episode 10 4 min

Vuurvreters: Episode 11

Ouma Leonie Verster ontmoet die nuwe eienaar van Eenheid 13. Hoekom is dit ʼn ontmoeting wat nie een van die twee maklik sal vergeet nie?
Season 1 / Episode 11 5 min

Vuurvreters: Episode 12

Die agbare minister besluit waarop die taakspan met sy ondersoek moet fokus. ʼn Nuwe leidraad loop uit op dramatiese gebeure.
Season 1 / Episode 12 5 min

Vuurvreters: Episode 14

Wie lewer agter direkteur Victor Fransman se rug verslag aan die minister? Waar kom agent Henry Vogel se spinnekopbyt nou eintlik vandaan?
Season 1 / Episode 14 5 min

Vuurvreters: Episode 15

Voorsitter Septimus Steyn se vertelling stook onrus. En sake loop nog verder skeef toe ʼn skoot klap.
Season 1 / Episode 15 5 min

Vuurvreters: Episode 16

Agente Sally Bloemhof en Henry Vogel besef dis tyd om dinge te ontleed. En dis wat hulle doen, hulle ontleed – met gevolge.
Season 1 / Episode 16 5 min

Vuurvreters: Episode 17

Die vete tussen ouma Leonie Verster en voorsitter Septimus Steyn word feller. Leonie het groot planne vir die komende algemene jaarvergadering.
Season 1 / Episode 17 5 min

Vuurvreters: Episode 18

Voorsitter Septimus Steyn is so skelm soos die houtjie van die galg. Maar soms kan slim natuurlik sy baas vang. Is dit wat met Septimus gebeur?
Season 1 / Episode 18 4 min

Vuurvreters: Episode 20

Agente Sally Bloemhof en Henry Vogel ontleed weer, maar hulle probleme word eerder meer as minder. Henry se ellende bereik ʼn nuwe laagtepunt.
Season 1 / Episode 20 5 min
1 – 20