GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
500 Episodes
360 – 380

Nataniël

Annelie gesels Kaalkop met Nataniël oor Afrikaans in Styl, teater etiket en Afrikaanse musiek
3 Aug 2022 18 min

Spreeklewe - Jy is kosbaar

JESAJA 43 Jy is Myne 1Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle…
3 Aug 2022 5 min

Spreeklewe - Ware Vriendskap

JOHANNES 15:12-15 AFR83 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n…
20 Jul 2022 8 min

Kolossense 3:11

Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.
29 Jun 2022 7 min

Spreeklewe - Wees versigtig om te oordeel

MATTEUS 7:2 met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
8 Jun 2022 8 min

Droomuitsending - Komati Kommando

Die Voortrekkers se Komati Kommando het 100 bederf pakkies vir die Kruger Nationale wildtuin se Teenstropings eenheid gebring tydens Grootfm 90.5 se #BrunchmetAnnelie droomuitsending vanuit die Wildtuin
2 Jun 2022 4 min

Spreeklewe - Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is

MATTEUS 11:28-30 AFR83 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my…
25 May 2022 6 min

Spreeklewe -Waarvoor maak jy tyd?

Hoeveel maal vra jy iemand hoe dit gaan en dan antwoord hulle "Besig"? Prediker 3 sê daar is 'n tyd vir alles. Maar maak ons regtig tyd vir wie en wat waarlik belangrik is? Jou verhouding met God, jou gesin/familie, jou vriende?
9 May 2022 6 min

#LositBeter Triomf kliniek

Zahn Hulme van die Atterbury Trust gesesl oor Triomf kliniek wat mense sonder medies uithelp en hulle nuwe Laser Toerusting.
19 Apr 2022 8 min

Ivan Roux onderhoud

Ivan Roux het 'n draai op #BrunchmetAnnelie kom maak en kom vertel van sy nuwe enkelsnit #opsoeknaliefde en sy nuwe album wat binnekort uitkom
13 Apr 2022 14 min

#LositBeter Community Caring Forum

Deirdré van Helsdingen die besturende direkteur van die Community Caring Forum het meer kom vertel oor hulle buurt skoonmaak projekte.
12 Apr 2022 10 min

Wat jy moet weet - Familie reg

Shani van Niekerk 'n senior assosiaat by Adams&Adams verduidelik wat familie reg is. Hoe daar bepaal word watter ouer onderhoud moet betaal en hoeveel. En wat die regte van ouers is.
11 Apr 2022 6 min

Kahn Morbee

Die sanger Kahn Morbee gesels met Annelie al die pad uit Nederland uit oor sy nuwe enkelsnit "She takes me home"
22 Feb 2022 8 min

Wat jy moet weet - Tinder Swindler

Prof Renata Schoeman, Psigiater en hoof van die MBA in Gesondheidsleierskap aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, gesels met Annelie oor die Tinder Swindler en hoe om jouself teen 'n psigopaat te beskerm.
21 Feb 2022 12 min
360 – 380