Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1 – 20

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min

'Geld kan nie berusting bring nie'

Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir…
18 Oct 4AM 1 min

Koalisies in SA verkiesings verwag

Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
18 Oct 3AM 1 min

IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen

Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die…
18 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak…
18 Oct 1AM 1 min

BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere

Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en die opsporing van…
18 Oct 1AM 1 min

Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek

Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë…
18 Oct 12AM 1 min

IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die…
17 Oct 6AM 1 min

BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt

Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband…
17 Oct 5AM 1 min

Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu,…
17 Oct 4AM 1 min

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min
1 – 20