
BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere
Loading player...
Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en die opsporing van vee wat voor die ontdekking van die uitbreking uit die besmette gebied verskuif is, ingevolge die Wet op Dieregesondheid voortduur. Die waarnemende uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Petrus Nangolo, het meer:

