
IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen
Loading player...
Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die regering se belegging van 220 miljoen Namibiese dollar in die herontwikkeling van die oord in 2010.

